Wie is ons?

AfriForum Sport is in 2021 gestig en het sedertdien baie sterk netwerke in die sportsfeer gevestig. Kundiges soos Duitser Bosman, Vlok Cilliers, Roedolf van der Westhuizen, Chris Lombaard, Niel du Plessis en Erin Burger is net ’n paar van AfriForum Sport se netwerkvennote.

AfriForum Sport het dit reeds reggekry om groot rolspelers in die sportbedryf soos PVM, POLAR en Braven Performance betrokke te kry en te hou by projekte en geleenthede wat georganiseer word.

Om ’n selfstandige netwerk te skep vir die ontwikkeling van sport, geleenthede en talent in gemeenskappe.

Bemagtig sportliggame en -gemeenskappe deur:

  • hulpbronne wyer beskikbaar te maak;
  • oplossings te bied vir huidige tekorte en uitdagings;
  • hoëgehalteafrigting en -opleiding teen ’n bekostigbare tarief beskikbaar te maak deur van aanlyn afrigting gebruik te maak;
  • te beding vir sportprodukte en -dienste teen ’n laer tarief as wat tans in die mark beskikbaar is; en
  • ’n tuiste te skep vir die gemeenskap om op sosiale vlak met sport as voertuig byeen te kom.

Artikels

DIE BEHOEFTE AAN ’N ONAFHANKLIKE SPORTBEWEGING

Deur Ronald Peters Suid-Afrika is sonder twyfel een van die mees tradisieryke sportlande ter wêreld. Met ’n geskiedenis van prestasie op die hoogste vlakke en talle hartroerende verhale van individue wat vanuit die ongunstigste omstandighede ons land in sy nasionale sportspanne verteenwoordig het, is dit skaars nodig om kinders vanaf ’n baie jong ouderdom te…

TRANSFORMASIEBELEID VAN KRIEKET SUID-AFRIKA

AfriForum  gaan aan die transformasiesittings deelneem waar die transformasie-ombudsman as voorsitter sal optree. Hier sal ons die geleentheid kry om kommentaar te lewer op die negatiewe impak wat die huidige transformasiebeleid van Krieket Suid-Afrika (KSA) op dié sport het. Ons glo dat hierdie ’n stap in die regte rigting is en dat die transformasie-ombudsman ons…

TOEGANG TOT SPORTHULPBRONNE

Deur Ronald Peters Sporttalent is volop in Suid-Afrika, geleenthede is egter nie. As gevolg hiervan is daar ’n groot geleentheid om onontginde talent aan meer ontwikkelingsgeleenthede bloot te stel sodat hierdie individue ook die geleentheid het om hul volle potensiaal te kan bereik. Dit is alombekend dat sportgeleenthede en die beskikbaarheid van sporthulpbronne in Suid-Afrika…